Koppel-teken-kuns

channel image

Koppel-teken-kuns

Koppel-teken-kuns

subscribers

Sarie se kuns klas: Ons gesels bietjie/baie met Sarie Landman oor haar ervaring as `n klein kunsskool eienaar, asook oor die voordele van kuns vir kinders of hulle nou kreatief aangele is of nie. Sy gee ook onder andere baie oulike raad oor hoe om `n skooltjie van jou eie te begin of te behartig sou jy daarin belangstel. Sarie is `n groot bron van inspirasie veral as `n tuisskool mamma van twee met haar eie kinders.

Hierdie week voer ons `n onderhoud met baie goeie vriendin Olga Botha oor die uitdagings, voordele, hoogtepunte en algemene padjie wat sy al gestap het in die vryskud grafiese ontwerpers wereld. Sy doen uitleg werk op internasionale vlak vir verskeie tydskrifte, werk met `n uiteenlopende lot kliënte en dit als terwyl sy `n ma van twee is wat beide nog onder die ouderdom van 10 is. Olga vertel graag oor die milieu van haar dag op kantoor.

Ons gesels met Reynette Vermaak oor skoolgee, die lewe rondom dit en al die lieflike herinneringe van kuns.

Liela en Lein beplan aan hulle idee van kinderboek skryf en illustreer. Hulle vra vir Marisa bietjie raad uit haar eie ervaring met kinderboeke en hoe te make.

Hier volg episode 4.
Ons gesels bietjie meer ernstig oor wat ons motivering vir ons toekoms drome en beplanning daar rondom inhou. Party dinge gebeur organies en ander verg bietjie visie, ons spandeer die sessie om net koppe skoon te maak met refleksie oor waar ons was, wat ons gedoen het en hoekom ons so afwesig (of nie) was wanneer mense ons gesoek het.

Kyk gerus na ons nuutste episode.
Ons gesels met digitale guru Benjamin Mitchley. Hy verduidelik vir ons bietjie meer oor verskeie aspekte van digitale kuns, 3d digitale "verhoogde realiteit" (augmented reality) prosesse, programme ens. Ons is natuurlik so deurmekaar soos destyds toe ons saam algebra moes uitpluis, maar hier is verskeie platvorms waar jy kan gaan koekeloer na Benjamin se kosbare kuns wat nie net digitale meesterstukke is nie, maar hy beskik oor `n wye verskeidenheid vernuf in amper elke genre en kunsstukke wat jou mond letterlik laat oophang.
Baie dankie aan Benjamin wat sy kennis en `n tikkie van sy lewenswandel met ons gedeel het.
Vind hier onder al die skakels na die magdom platvorms waar jy kan sien waaroor die boehaai gaan.
Website - https://bmitchley.art/
Instagram - https://www.instagram.com/b.mitchley.art/?hl=en
Facebook page - https://www.facebook.com/SouthAfricanArtist
South African Artist - http://www.southafricanartists.com/ShowArtist.asp...
Artstation - https://www.artstation.com/b-mitchley
My AR Online shop - https://hellopretty.co.za/benjamin-mitchley-augmented...
My Artivive AR Print Catalogue - https://bit.ly/BMCatalogue
My Anaglyph 3D AR Print Catalogue - https://bit.ly/BM3DarCatalogue
Email - [email protected]
Whatsapp - 0840393645

Lein en Marisa gesels (eintlik meer babbel) oor die illustrasie industrie.  Hulle verduidelik hoe die proses van boeke illustreer en publiseer moet verloop.  Dan gee hulle `n uitleg waarvoor die kostes vir die proses is en hoekom illustrasie kunstenaars soveel vir hulle arbeid vra.  Geniet die blapsies wat die keer volop was...

Hulle beantwoord graag enige vrae.  Daar sal binnekort `n skakel wees waarheen julle vra kan rig. (Hou uit vir ons vernuf wat met elke episode sal verbeter, eendag sal ons dit professioneel kan aanbied, die is `n leerskool vir ons beide)

Geniet die potgooi!

Lein Smuts, gallery eienaar, kurator en kunstenaar en Marisa du Toit kinderboek skrywer en illustrasie kunstenaar - giggel en gesels oor hulle eie blapsies en triomfantlike oomblikke in die kuns industrie. Hulle deel bietjie insig oor hoe hulle dink dit moontlik is om te floreer as kunstenaar in jou eie miljeue. Die uitdagings wat daar is die oplossings waarmee hulle vorendag kom en die persoonlike struikelblokke waaruit hulle geleer het.
Hulle twee is oud skool-maats met 31 jaar se avonture saam en ontelbare drome as jong leerlinge waarvan verskeie van hulle waar geword het. Laat hulle toe om hulle kunstige stories met jou te deel.

SHOW MORE

Created 2 years, 1 month ago.

8 videos

Category Arts & Literature

Lein Smuts, gallery eienaar, kurator en kunstenaar en Marisa du Toit kinderboek skrywer en illustrasie kunstenaar - giggel en gesels oor hulle eie blapsies en triomfantlike oomblikke in die kuns industrie. Hulle deel bietjie insig oor hoe hulle dink dit moontlik is om te floreer as kunstenaar in jou eie miljeue. Die uitdagings wat daar is die oplossings waarmee hulle vorendag kom en die persoonlike struikelblokke waaruit hulle geleer het.
Hulle twee is oud skool-maats met 31 jaar se avonture saam en ontelbare drome as jong leerlinge waarvan verskeie van hulle waar geword het. Laat hulle toe om hulle kunstige stories met jou te deel.